Daaglikse oordenking

DIE REGTE LYNE VAN WERK

Ek, as Ek verhoog word, sal almal na My toe trek.

Johannes 12:32

Baie min van ons het enige begrip van die rede waarom Jesus Christus gesterf het. Indien simpatie al is wat mense nodig het, dan is die Kruis van Christus ’n klug, daar was geen behoefte daaraan nie. Wat die wêreld nodig het is allermins "’n klein bietjie liefde," maar ’n chirurgiese operasie.

Wanneer u van aangesig tot aangesig met ’n siel in geestelike moeilikheid is, herinner uself aan Jesus Christus aan die Kruis. Indien daardie siel langs enige ander lyn by God kan uitkom, dan is die Kruis van Jesus Christus onnodig. Indien u ander deur u simpatie of begrip kan help, is u ’n verraaier van Jesus Christus. U moet u siel in ’n regte verhouding tot God hou en langs Sy lyn vir ander uitstort, nie langs die menslike lyn uitstort en God ignoreer nie. Die groot noot vandag is minlike godsdienstigheid.

Die een ding wat ons moet doen is om Jesus Christus as gekruisigde te vertoon, om Hom die hele tyd te verhef. Elke leerstelling wat nie in die Kruis van Jesus ingebed is nie sal mislei. Indien die arbeider self in Jesus Christus glo en op die Werklikheid van Verlossing bank, moet die mense met wie hy praat geraak word. Die ding wat bly en verdiep is die arbeider se eenvoudige verhouding met Jesus Christus; sy nuttigheid vir God hang daarvan en daarvan alleen af.

Die roeping van ’n Nuwe-Testamentiese arbeider is om sonde te ontbloot en Jesus Christus as Verlosser te openbaar, gevolglik kan hy nie poëties wees nie, hy moet streng chirurgies wees. Ons word deur God gestuur om Jesus Christus te verhef, nie om wonderbaarlik mooi redevoeringe te gee nie. Ons moet reguit so diep afpeil as wat God ons afgepeil het, skerp wees in die aanvoeling van die Skrifte wat die waarheid reguit tuisbring en hulle vreesloos toepas.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in