WAAROP OM TE KONSENTREER
“Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar ’n swaard.”
Matteus 10:34
Moet nooit simpatiek wees met die siel wie se geval u tot die gevolgtrekking laat kom dat God hard is nie. God is teerder as wat ons ons kan voorstel, en elke nou en dan gee Hy ons die geleentheid om die ruwe een te wees sodat Hy die tere Een kan wees. Indien ’n mens nie tot by God kan deurkom nie is dit omdat daar ’n geheime ding is wat hy nie van voorneme is om prys te gee nie — Ek sal erken dat ek verkeerd gedoen het, maar ek is net so min van plan om daardie ding prys te gee as om te vlieg. Dit is onmoontlik om simpatiek met so ’n geval te handel: ons moet reg diep tot by die wortel kom totdat daar antagonisme en weersin teen die boodskap is. Mense wil die seën van God hê, maar hulle sal die ding wat reguit tot op die lewe van die nael gaan nie verdra nie.
Indien God Sy gang met u gekry het, is u boodskap as Sy dienaar ’n meedoënlose aandrang langs die een lyn, kap af tot by die wortel self, anders sal daar geen genesing wees nie. Dryf die boodskap tuis totdat daar geen moontlike skuilplek teen die toepassing daarvan is nie. Begin by mense uitkom waar hulle is totdat u hulle laat besef wat hulle ontbreek, en rig dan die maatstaf van Jesus Christus vir hulle lewens op — "Ons kan nooit dit wees nie." Dryf dit dan tuis — "Jesus Christus sê julle moet." "Maar hoe kan ons wees?" "Julle kan nie, tensy julle ’n nuwe Gees het nie." (Lukas 11:13.)
Daar moet ’n besef van behoefte wees voordat u boodskap van enige nut is. Duisende mense is sonder God in hierdie wêreld gelukkig. Indien ek gelukkig en moreel was totdat Jesus gekom het, waarom het Hy gekom? Omdat daardie soort geluk en vrede op ’n verkeerde vlak is; Jesus Christus het gekom om ’n swaard deur elke vrede te stuur wat nie op ’n persoonlike verhouding met Homself gegrond is nie.