Daaglikse oordenking

GOEDGEKEURD VOOR GOD

Beywer jou om jouself goedgekeurd voor God te stel, ’n arbeider wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

2 Timoteus 2:15

Indien u uself oor enige onderwerp nie kan uitdruk nie, worstel totdat u kan. Indien u nie doen nie, sal iemand al die dae van sy lewe armer wees. Worstel om een of ander waarheid van God opnuut vir uself uit te druk, en God sal daardie uitdrukking vir iemand anders gebruik. Gaan deur die wynpers van God waar die druiwe verbrysel word. U moet worstel om proefondervindelik tot uitdrukking te kom, dan sal daar ’n tyd kom wanneer daardie uitdrukking die eie wyn van versterking vir iemand anders sal word; maar indien u lui sê — "Ek gaan nie worstel om hierdie ding vir myself uit te druk nie, ek sal leen wat ek sê," sal die uitdrukking nie alleen vir u van geen nut wees nie, maar vir niemand van enige nut nie. Probeer vir uself stel wat u implisiet as God se waarheid aanvoel, en u gee God ’n geleentheid om dit deur u aan iemand anders oor te dra.

Maak altyd ’n gewoonte daarvan om u eie denke uit te daag om deur te dink wat dit maklik aanvaar. Ons posisie is nie ons s’n totdat ons dit deur lyding ons s’n maak nie. Die skrywer wat u die meeste bevoordeel is nie die een wat vir u iets vertel wat u nie voorheen geweet het nie, maar die een wat uitdrukking gee aan die waarheid wat woordeloos in u om uiting geworstel het.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in