Daaglikse oordenking

DIE GROOT LEWE

Vrede laat Ek vir julle na, My vrede gee Ek aan julle: . . laat julle hart nie ontsteld word nie.

Johannes 14:27

Wanneer ’n ding ook al in persoonlike ervaring moeilik word, loop ons gevaar om God die skuld te gee, maar dit is ons wat verkeerd is, nie God nie, daar is êrens ’n verdraaidheid wat ons nie wil loslaat nie. Onmiddellik wanneer ons wel loslaat, word alles so helder soos daglig. Solank ons twee doele probeer dien, onsself en God, is daar verwarring. Die houding moet een van volkome afhanklikheid van God wees. Wanneer ons eenmaal daar kom, is daar niks makliker as om die heilige lewe te leef nie; moeilikheid kom in wanneer ons die gesag van die Heilige Gees vir ons eie doele wil wederregtelik toe-eien.

Wanneer u God ook al gehoorsaam, is Sy seël altyd dié van vrede, die getuienis van ’n onpeilbare vrede, wat nie natuurlik is nie, maar die vrede van Jesus. Wanneer vrede ook al nie kom nie, vertoef totdat dit kom of vind die rede uit waarom dit nie kom nie. Indien u op ’n impuls handel, of uit ’n gevoel van die heldhaftige, sal die vrede van Jesus nie getuig nie; daar is geen eenvoud of vertroue in God nie, omdat die gees van eenvoud uit die Heilige Gees gebore is, nie uit u besluite nie. Elke besluit bring ’n reaksie van eenvoud.

My vrae kom wanneer ek ook al ophou om gehoorsaam te wees. Wanneer ek God gehoorsaam het, kom die probleme nooit tussen my en God nie, hulle kom as peilsondes om die denke met verwondering oor die openbaring te laat voortgaan van God. Enige probleem wat tussen God en myself kom ontspring uit ongehoorsaamheid; enige probleem, en daar is baie, wat langs my is terwyl ek God gehoorsaam, vergroot my ekstatische verrukking, omdat ek weet dat my Vader weet, en ek gaan dophou en sien hoe Hy hierdie ding ontrafel.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in