WAARVOOR OM TE BID
“n Mens behoort altyd te bid, en nie moedeloos te word nie”
Lukas 18:1
U kan nie voorbidding doen indien u nie in die werklikheid van die Verlossing glo nie; u sal voorbidding verander in vergeefse simpatie met mense wat slegs hulle onderdanige tevredenheid daarmee om buite aanraking met God te wees sal vergroot. In voorbidding bring u die persoon, of die omstandigheid wat op u inwerk voor God totdat u deur Sy houding teenoor daardie persoon of omstandigheid beweeg word. Voorbidding beteken om "aan te vul wat aan die verdrukkinge van Christus ontbreek," en daarom is daar so min voorbidders. Voorbidding word op hierdie lyn geplaas — "Plaas uself in sy plek." Nooit! Probeer uself in God se plek plaas.
As ’n arbeider, moet u sorgvuldig tred hou met die mededelings van God se werklikheid om nie verbrysel te word nie. Indien u te veel weet, meer as wat God vir u gekonstrueer het om te weet, kan u nie bid nie, die toestand van die mense is so verbryselend dat u nie tot die werklikheid kan deurkom nie.
Ons werk lê daarin om oor alles in besliste aanraking met God te kom, en ons ontduik dit deur aktiewe arbeiders te word. Ons doen die dinge wat in tabelle geplaas kan word maar ons wil nie voorbidding doen nie. Voorbidding is die een ding wat geen strikke het nie, omdat dit ons verhouding met God volkome oop hou.
Die ding waarvoor ons in voorbidding moet oppas is dat geen siel opgelap word nie, ’n siel moet deurkom tot aanraking met die lewe van God. Dink aan die aantal siele wat God rondom ons pad gebring het en wat ons laat val het! Wanneer ons op grond van Verlossing bid, skep God iets wat Hy op geen ander manier as deur voorbiddingsgebed kan skep nie.