Daaglikse oordenking

DIE AANSTOOT VAN DIE NATUURLIKE

En dié wat aan Christus behoort het die vlees met die geneenthede en begeerlikhede gekruisig.

Galasiërs 5:24

Die natuurlike lewe is nie sondig nie; ons moet van sonde afvallig gemaak word, niks met sonde in enige gedaante of vorm te doen hê nie. Sonde behoort aan die hel en die duiwel; ek, as ’n kind van God, behoort aan die hemel en God. Dit is nie ’n vraag daarvan om sonde prys te gee nie, maar om my reg op myself, my natuurlike onafhanklikheid en selfhandhawing prys te gee, en dit is waar die stryd gevoer moet word. Dit is die dinge wat vanuit die natuurlike standpunt reg en edel en goed is wat ons van God se beste terughou. Om te onderskei dat natuurlike deugde oorgawe aan God teenstaan, is om ons siel in die middelpunt van sy grootste stryd te bring. Baie min van ons debatteer met die smerige en bose en verkeerde, maar ons debatteer wel met die goeie. Dit is die goeie wat die beste haat, en hoe hoër u op die skaal van die natuurlike deugde kom, hoe intenser is die teenstand teen Jesus Christus. "Dié wat aan Christus behoort het die vlees gekruisig" — dit gaan die natuurlike in u alles kos, nie iets nie. Jesus het gesê — "As iemand My dissipel wil wees, moet hy homself verloën," d.w.s., sy reg op homself, en ’n mens moet besef Wie Jesus Christus is voordat hy dit sal doen. Pas op dat u nie weier om na die begrafnis van u eie onafhanklikheid te gaan nie.

Die natuurlike lewe is nie geestelik nie, en dit kan alleen deur offer geestelik gemaak word. Indien ons die natuurlike nie vasbeslote offer nie, kan die bonatuurlike nooit in ons natuurlik word nie. Daar is geen koninklike pad daarheen nie; elkeen van ons het dit geheel en al in sy eie hande. Dit is nie ’n vraag van bid nie, maar van doen.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in