Daaglikse oordenking

DIE ABSOLUUTHEID VAN JESUS CHRISTUS

Hy sal My verheerlik.

Johannes 16:14

Die piëtistiese bewegings van vandag het niks van die ruwe werklikheid van die Nuwe Testament in hulle nie; daar is niks aan hulle wat die Dood van Jesus Christus nodig het nie; al wat vereis word is ’n vrome atmosfeer, en gebed en toewyding. Hierdie tipe ervaring is nie bonatuurlik of wonderbaarlik nie, dit het nie die lyding van God gekos nie, dit is nie in die bloed van die Lam gekleur nie, nie met die waarmerk van die Heilige Gees gestempel nie; dit het nie daardie merk op wat mense terwyl hulle met ontsag en verwondering kyk, laat sê nie — "Dit is die werk van die Almagtige God." Dit en niks anders nie is waaroor die Nuwe Testament praat.

Die tipe Christelike ervaring in die Nuwe Testament is dié van persoonlike hartstogtelike toewyding aan die Persoon van Jesus Christus. Elke ander tipe Christelike ervaring, sogenaamd, staan los van die Persoon van Jesus. Daar is geen wedergeboorte, geen wedergebore-word tot in die Koninkryk waarin Christus leef nie, maar alleen die idee dat Hy ons Voorbeeld is. In die Nuwe Testament is Jesus Christus Verlosser lank voordat Hy Voorbeeld is. Vandag word Hy afgedoen as die Boegbeeld van ’n Godsdiens, ’n blote Voorbeeld. Hy is dit, maar Hy is oneindig meer; Hy is redding self, Hy is die Evangelie van God.

Jesus het gesê, "Wanneer Hy die Gees van die waarheid gekom het . . . sal Hy My verheerlik." Wanneer ek myself toevertrou aan die openbaring wat in die Nuwe Testament gegee word, ontvang ek van God die gawe van die Heilige Gees wat vir my begin vertolk wat Jesus gedoen het en subjektief in my alles doen wat Jesus Christus objektief vir my gedoen het.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in