Daaglikse oordenking

DIE TOEWYDING VAN GEESTELIKE ENERGIE

Deur wie die wêreld vir my gekruisig is, en ek vir die wêreld.

Galasiërs 6:14

Indien ek oor die Kruis van Christus peins, word ek nie ’n subjektiewe piëtis, wat in my eie witheid belangstel nie; ek raak oorheersend gekonsentreer op Jesus Christus se belange. Ons Here was nie ’n kluisenaar of ’n askeet nie, Hy het Hom nie van die samelewing afgesny nie, maar Hy was die hele tyd innerlik losgekoppel. Hy was nie afsydig nie, maar Hy het in ’n ander wêreld geleef. Hy was so volkome in die gewone wêreld dat die godsdienstige mense van Sy tyd Hom ’n vraat en ’n wynsuiper genoem het. Ons Here het nooit enigiets toegelaat om met Sy toewyding van geestelike energie in te meng nie.

Die namaaksel van toewyding is die bewustelike afsny van dinge met die idee om geestelike krag vir latere gebruik op te gaar, maar dit is ’n hopelose fout. Die Gees van God het die sonde van ’n groot aantal mense bederf, tog is daar geen bevryding, geen volheid in hulle lewens nie. Die soort godsdienstige lewe wat ons vandag wydverspreid sien verskil geheel en al van die kragtige heiligheid van die lewe van Jesus Christus. "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar." Ons moet in die wêreld wees maar nie daarvan nie; grondliggend losgekoppel wees, nie uiterlik nie.

Ons moet nooit enigiets toelaat om met die toewyding van ons geestelike energie in te meng nie. Toewyding is ons deel, heiligmaking is God se deel; en ons moet doelbewus besluit om slegs belang te stel in dit waarin God belangstel. Die manier om verwarrende probleme op te los is om te vra — Is dit die soort ding waarin Jesus Christus belangstel, of die soort ding waarin die gees wat die teenpool van Jesus is belangstel?

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in