Daaglikse oordenking

DIE GEHEIM VAN GEESTELIKE SAMEHANG

Maar mag dit nooit gebeur dat ek roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus.

Galasiërs 6:14

Wanneer ’n mens pas wedergebore is, raak hy onsamehangend, daar is ’n hoeveelheid onverwante emosie rondom hom, onverwante fases van uiterlike dinge. In die apostel Paulus was daar onderliggend ’n sterk bestendige samehang, gevolglik kon hy sy uiterlike lewe laat verander soos dit wou en dit het hom nie ontstel nie omdat hy in God gewortel en gegrond was. Die meeste van ons is nie geestelik samehangend nie omdat ons meer daaroor besorg is om uiterlik samehangend te wees. Paulus het in die kelderverdieping geleef; die samehangende kritici leef in die boonste verdieping van die uiterlike verklaring van dinge, en die twee begin mekaar nie eens raak nie.

Paulus se konsekwentheid was diep onder in die grondliggende dinge. Die groot grondslag van sy samehang was die smart van God in die Verlossing van die wêreld, nl., die Kruis van Jesus Christus.

Stel opnuut vir uself wat u glo, doen dan weg met soveel daarvan as moontlik, en keer terug na die vaste rotsbodem van die Kruis van Christus. In die uiterlike geskiedenis is die Kruis ’n infinitesimale ding; vanuit die Bybelse standpunt is dit belangriker as al die ryke van die wêreld. Indien ons in ons prediking wegbeweeg van peins oor die tragedie van God aan die Kruis, bring dit niks voort nie. Dit dra nie die energie van God aan die mens oor nie; dit kan interessant wees maar dit het geen krag nie. Maar verkondig die Kruis, en die energie van God word losgelaat. "Dit het God behaag om deur die dwaasheid van die prediking dié wat glo te red." "Ons verkondig Christus as gekruisigde."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in