Daaglikse oordenking

WANNEER HY GEKOM HET

En wanneer Hy gekom het, sal Hy die wêreld van sonde oortuig. . . .

Johannes 16:8 (R.V.)

Baie min van ons weet enigiets van oortuiging van sonde; ons ken die ervaring om verontrus te word omdat ons verkeerde dinge gedoen het; maar oortuiging van sonde deur die Heilige Gees wis elke verhouding op aarde uit en laat slegs een verhouding oor — "Teen U, U alleen, het ek gesondig!" Wanneer ’n mens op hierdie manier van sonde oortuig word, weet hy met elke vermoë van sy gewete dat God hom nie durf vergewe nie; indien God hom wel vergewe het, sou die mens ’n sterker regsbesef as God hê. God vergewe wel, maar dit het die verskeuring van Sy hart in die Dood van Christus gekos om Hom in staat te stel om dit te doen. Die groot wonder van die genade van God is dat Hy sonde vergewe, en dit is alleen die dood van Jesus Christus wat die Goddelike natuur in staat stel om te vergewe en terwyl dit dit doen aan sigself getrou te bly. Dit is oppervlakkige onsin om te sê dat God ons vergewe omdat Hy liefde is. Wanneer ons van sonde oortuig is sal ons dit nooit weer sê nie. Die liefde van God beteken Golgota, en niks minder nie; die liefde van God word aan die Kruis uitgespel en nêrens anders nie. Die enigste grond waarop God my kan vergewe is deur die Kruis van my Here. Daar, is Sy gewete bevredig.

Vergifnis beteken nie bloot dat ek van die hel gered en reg vir die hemel gemaak word nie (geen mens sou vergifnis op so ’n vlak aanvaar nie); vergifnis beteken dat ek tot in ’n herskepte verhouding vergewe word, tot in vereenselwiging met God in Christus. Die wonder van Verlossing is dat God my, die onheilige, in die maatstaf van Homself, die Heilige, verander deur ’n nuwe aard, die aard van Jesus Christus in my te plaas.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in