Daaglikse oordenking

OM TOT VRYHEID DEUR TE WEN

As die Seun julle dan vrymaak, sal julle waarlik vry wees.

Johannes 8:36

Indien daar enige oorblyfsel van individuele verwaandheid oor is, sê dit altyd "Ek kan nie." Persoonlikheid sê allermins "Ek kan nie," maar absorbeer eenvoudig en absorbeer. Persoonlikheid wil altyd meer en meer hê. Dit is hoe ons gebou is. Ons is ontwerp met ’n groot kapasiteit vir God; en sonde en ons individualiteit is die dinge wat ons daarvan weerhou om by God uit te kom. God verlos ons van sonde: ons moet onsself van individualiteit verlos, d.w.s., ons natuurlike lewe aan God aanbied en dit offer totdat dit deur gehoorsaamheid in ’n geestelike lewe omgevorm is.

God gee geen aandag aan ons natuurlike individualiteit in die ontwikkeling van ons geestelike lewe nie. Sy orde loop lynreg dwars teen die natuurlike lewe in, en ons moet toesien dat ons God help en bystaan, nie teen Hom staan en sê — Ek kan dit nie doen nie. God sal ons nie dissiplineer nie, ons moet onsself dissiplineer. God sal nie elke gedagte en verbeelding gevange neem nie; ons moet dit doen. Moenie sê — O Here, ek ly aan dwaalgedagtes nie. Moenie dwaalgedagtes verdra nie. Hou op om na die tirannie van u individualiteit te luister en word daaruit tot in persoonlikheid bevry.

"As die Seun julle vrymaak . ." Gebruik geensins 'Verlosser' in plaas van 'Seun.' Die Verlosser maak ons van sonde vry; dit is die vryheid daarvan om deur die Seun vrygemaak te word. Dit is wat Paulus in Galasiërs 2:20 bedoel — "Ek is saam met Christus gekruisig," sy natuurlike individualiteit is gebreek en sy persoonlikheid met sy Here verenig, nie versmelt nie maar verenig. "Julle sal waarlik vry wees," vry in wese, vry van binne. Ons wil op energie aandring, in plaas daarvan om deur energie tot vereenselwiging met Jesus gebring te word.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in