Daaglikse oordenking

DIE VAN GEDAANTE VERANDERDE LEWE

As iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan; kyk, alles het nuut geword.

2 Korintiërs 5:17

Watter idee het u van die redding van u siel? Die ervaring van redding beteken dat dinge in u daadwerklike lewe werklik verander is, u kyk nie meer na dinge soos voorheen nie; u begeertes is nuut, ou dinge het hulle mag verloor. Een van die toetsstene van ervaring is — Het God die ding verander wat saak maak? Indien u nog na die ou dinge hunker, is dit absurd om te praat van van bo gebore wees, u jongleer met uself. Indien u wedergebore is, maak die Gees van God die verandering in u daadwerklike lewe en redenering openbaar, en wanneer die krisis kom is u die mees verbaasde persoon op aarde oor die wonderlike verskil wat daar in u is. Daar is geen moontlikheid om u te verbeel dat u dit gedoen het nie. Dit is hierdie volkome en verbasingwekkende verandering wat die bewys is dat u ’n geredde siel is.

Watter verskil het my redding en heiligmaking gemaak? Byvoorbeeld, kan ek in die lig van 1 Korintiërs 13 staan, of moet ek rondskuifel? Die redding wat deur die Heilige Gees in my uitgewerk word bevry my geheel en al, en solank ek in die lig wandel soos God in die lig is, sien Hy niks om te bestraf nie, omdat Sy lewe in elke besonderheid uitgewerk word nie vir my bewussyn nie, maar dieper as my bewussyn.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in