GEMEENSKAP IN DIE EVANGELIE
“Medearbeider in die evangelie van Christus.”
1 Tessalonisense 3:2
Ná heiligmaking is dit moeilik om te stel wat u doel in die lewe is, omdat God u deur die Heilige Gees in Sy voorneme opgeneem het; Hy gebruik u nou vir Sy voornemens dwarsdeur die wêreld soos Hy Sy Seun vir die doel van ons redding gebruik het. Indien u groot dinge vir uself soek — God het my hiervoor en daarvoor geroep; plaas u ’n versperring voor God se gebruik van u. Solank u ’n persoonlike belang in u eie karakter, of enige vasgestelde ambisie het, kan u nie deurkom tot vereenselwiging met God se belange nie. U kan slegs daar kom deur vir altyd elke denkbeeld van uself te verloor en God toe te laat om u reguit uit tot in Sy doel vir die wêreld te neem, en omdat u gange van die Here is, kan u nooit u weë verstaan nie.
Ek moet leer dat die doel in die lewe God s’n is, nie myne nie. God gebruik my vanuit Sy groot persoonlike standpunt, en al wat Hy van my vra, is dat ek Hom vertrou en nooit sê — Here, dit gee my soveel hartseer nie. Om so te praat maak my ’n remskoen. Wanneer ek ophou om vir God te sê wat ek wil hê, kan Hy my vir wat Hy wil hê opneem sonder beletsel of belemmering. Hy kan my opfrommel of verhef, Hy kan enigiets doen wat Hy verkies. Hy vra my eenvoudig om implisiete geloof in Homself en in Sy goedheid te hê. Selfbejammering is van die duiwel, indien ek op daardie lyn weggaan kan God my nie vir Sy voorneme in die wêreld gebruik nie. Ek het "’n wêreld binne die wêreld" waarin ek leef, en God sal my nooit daarbuite kan kry nie omdat ek bang is om rypgebyt te word.