Daaglikse oordenking

SAKRAMENTELE DIENS

Wat my nou in my lyding vir julle verbly, en in my vlees aanvul wat aan die verdrukkinge van Christus ontbreek. . . .

Kolossense 1:24

Die Christenarbeider moet optree as ’n sakramentele "tussenganger," so vereenselwig met sy Here en die werklikheid van Sy Verlossing dat Hy voortdurend Sy skeppende lewe deur hom kan bring. Dit is nie die krag van een mens se persoonlikheid wat op dié van ’n ander afgedruk word nie, maar die werklike teenwoordigheid van Christus wat deur die elemente van die arbeider se lewe kom. Wanneer ons die historiese feite van die lewe en dood van Ons Here verkondig soos hulle in die Nuwe Testament oorgedra word, word ons woorde sakramenteel gemaak, God gebruik hulle op grond van Sy Verlossing om in dié wat luister te skep wat andersins nie geskep word nie. Indien ons die uitwerkings van Verlossing in die menslike lewe verkondig in plaas van die openbaring aangaande Jesus, is die resultaat in dié wat luister nie wedergeboorte nie, maar verfynde geestelike kultuur, en die Gees van God kan nie daarvan getuig nie omdat sodanige prediking in ’n ander domein is. Ons moet toesien dat ons in sodanige lewende simpatie met God is dat Hy wanneer ons Sy waarheid verkondig in siele die dinge kan skep wat Hy alleen kan doen.

Wat ’n wonderlike persoonlikheid! Wat ’n fassinerende man! Watter wonderbaarlike insig! Watter kans het die Evangelie van God deur dit alles? Dit kan nie deurkom nie, omdat die lyn van aantrekking altyd die lyn van die appèl is. Indien ’n mens deur sy persoonlikheid aantrek, loop sy appèl langs daardie lyn; indien hy met sy Here se persoonlikheid vereenselwig is, dan loop die appèl langs die lyn van wat Jesus Christus kan doen. Die gevaar is om in mense te roem; Jesus sê ons moet Hom verhef.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in