PROGRAM VAN GELOOF
“Glo jy dit?”
Johannes 11:26
Martha het geglo in die mag tot Jesus Christus se beskikking, sy het geglo dat Hy haar broer kon genees het indien Hy teenwoordig was; sy het ook geglo dat Jesus ’n besondere intimiteit[1] met God gehad het en dat wat Hy ook al van God vra, God sou doen; maar sy het ’n hegter persoonlike intimiteit met Jesus nodig gehad. Martha se geloofsprogram het sy vervulling in die toekoms gehad; Jesus het haar verder gelei totdat haar geloof ’n persoonlike besitting geword het, en toe stadig te voorskyn gekom het in ’n bepaalde erfenis — "Ja, Here, ek glo dat U die Christus is..."
Is daar iets dergeliks in die Here se handelinge met u? Onderwys Jesus u tot in ’n persoonlike intimiteit met Homself? Laat Hom Sy vraag tot u deurdruk — "Glo jy dit?" Wat is u beproewing van twyfel? Het u, soos Martha, by een of ander oorweldigende deurgang in u omstandighede gekom waar u geloofsprogram op die punt staan om tot ’n persoonlike geloof te voorskyn te kom? Dit kan nooit gebeur voordat ’n persoonlike behoefte uit ’n persoonlike probleem ontstaan nie.
Om te glo is om uself te kommitteer. In die program van mentale geloof kommitteer ek myself, en laat vaar ek alles wat nie met daardie kommittering verband hou nie. In persoonlike geloof kommitteer ek myself moreel aan hierdie weg van vertroue en weier ek om met enige ander ’n kompromis aan te gaan; en in bepaalde geloof kommitteer ek myself geestelik aan Jesus Christus, en besluit ek om in daardie ding alleen deur die Here oorheers te word.
Wanneer ek van aangesig tot aangesig met Jesus Christus staan en Hy vir my sê — "Glo jy dit?" ontdek ek dat geloof so natuurlik soos asemhaling is, en ek is verbysterd dat ek so dom was om Hom nie voorheen te vertrou nie.