DEELGENOTE AAN SY LYDING
“Verbly julle, namate julle deelgenote aan Christus se lyding is.”
1 Petrus 4:13
Indien u deur God gebruik gaan word, sal Hy u deur ’n menigte ervarings neem wat glad nie vir u bedoel is nie, hulle is bedoel om u bruikbaar in Sy hande te maak, en u in staat te stel om te verstaan wat in ander siele gebeur sodat u nooit verras sal wees oor wat u teëkom nie. O, ek kan nie met daardie persoon handel nie. Waarom nie? God het u ruim geleentheid gegee om langs daardie lyn voor Hom te week, en u het afgestorm omdat dit dom gelyk het om tyd op daardie manier te bestee.
Die lyding van Christus is nie dié van gewone mense nie. Hy het gely "volgens die wil van God," nie vanuit die standpunt waaruit ons as individue ly nie. Dit is alleen wanneer ons met Jesus Christus in verhouding staan dat ons kan verstaan waarna God in Sy handelinge met ons op soek is. Dit is deel van Christelike kultuur om te weet wat God se doel is. In die geskiedenis van die Christelike Kerk was die neiging om vereenselwiging met die lyding van Jesus Christus te ontwyk; mense het probeer om die uitvoering van God se orde deur ’n kortpad van hulle eie te bewerkstellig. God se weg is altyd die weg van lyding, die weg van die "lang, lang spoor."
Is ons deelgenote aan Christus se lyding? Is ons bereid dat God ons persoonlike ambisies geheel en al uittrap? Is ons bereid dat God ons individuele vasbeslotenhede deur gedaanteverandering vernietig? Dit sal nie beteken dat ons presies weet waarom God ons langs daardie weg neem nie, dit sou ons geestelike pedante maak. Ons besef nooit op daardie oomblik waardeur God ons neem nie; ons gaan min of meer misverstaand daardeur; dan kom ons by ’n ligryke plek, en sê — ' 'Wel, God het my omgord, hoewel ek dit nie geweet het nie!"