ONDERSKEIDING VAN GELOOF
“Geloof soos ’n mosterdsaadjie. . .”
Matteus 17:20
Ons het die idee dat God ons vir ons geloof beloon, dit kan in die beginstadia so wees; maar ons verdien niks deur geloof nie, geloof bring ons in ’n regte verhouding met God en gee God Sy geleentheid. God moet dikwels die onderste plank uit u ervaring uitslaan indien u ’n heilige is om u in aanraking met Homself te bring. God wil hê u moet verstaan dat dit ’n lewe van geloof is, nie ’n lewe van sentimentele genieting van Sy seëninge nie. U vroeëre geloofslewe was eng en intens, saamgetrek rondom ’n klein sonvlekkie van ervaring wat net soveel verstand as geloof daarin gehad het, vol lig en soetheid; toe het God Sy bewuste seëninge onttrek om u te leer om deur geloof te wandel. U is nou vir Hom veel meer werd as wat u in u dae van bewuste behae en verrukkende getuienis was.
Geloof moet uit die natuur daarvan beproef word, en die werklike beproewing van geloof is nie dat ons dit moeilik vind om God te vertrou nie, maar dat God se karakter in ons eie denke van blaam gesuiwer moet word. Geloof moet in sy daadwerklike uitwerking deur tye van lettergreeplose afsondering gaan. Moet nooit die beproewing van geloof met die gewone dissipline van die lewe verwar nie, baie van wat ons die beproewing van geloof noem is die onvermydelike gevolg daarvan om lewend te wees. Geloof in die Bybel is geloof in God teen alles wat Hom weerspreek — ek sal getrou bly aan God se karakter wat Hy ook al doen. "Al sou Hy my ombring, nogtans sal ek Hom vertrou" — dit is die mees verhewe geloofsuiting in die hele Bybel.