Daaglikse oordenking

GELOOF

Sonder geloof is dit onmoontlik om Hom te behaag.

Hebreërs 11:6

Geloof in antagonisme met gesonde verstand is fanatisme, en gesonde verstand in antagonisme met geloof is rasionalisme. Die geloofslewe bring die twee in ’n regte verhouding. Gesonde verstand is nie geloof nie, en geloof is nie gesonde verstand nie; hulle staan in die verhouding van die natuurlike en die geestelike; van impuls en inspirasie. Niks wat Jesus Christus ooit gesê het, is gesonde verstand nie, dit is openbaringsverstand en dit bereik die oewers waar gesonde verstand faal. Geloof moet beproef word voordat die werklikheid van geloof daadwerklik is. "Ons weet dat alle dinge ten goede meewerk," dan ongeag wat gebeur, verander die alchemie van God se voorsienigheid die ideale geloof van gedaante tot daadwerklike werklikheid. Geloof werk altyd langs die persoonlike lyn, terwyl die hele doel van God is om toe te sien dat die ideale geloof in Sy kinders werklik gemaak word.

Vir elke besonderheid van die gesondeverstandslewe, is daar ’n openbaringsfeit van God waardeur ons in praktiese ervaring kan bewys wat ons glo God is. Geloof is ’n geweldig aktiewe beginsel wat Jesus Christus altyd eerste stel — Here, U het dit en dat gesê (bv., Matteus 6:33), dit lyk waansinnig, maar ek gaan dit op U woord waag. Om kopgeloof in ’n persoonlike besitting te verander is altyd ’n stryd, nie soms nie. God bring ons in omstandighede in om ons geloof te onderrig, omdat dit die natuur van geloof is om sy voorwerp werklik te maak. Totdat ons Jesus ken, is God ’n blote abstraksie, ons kan nie geloof in Hom hê nie; maar onmiddellik wanneer ons Jesus hoor sê — "Hy wat My gesien het het die Vader gesien," het ons iets wat werklik is, en geloof is grensloos. Geloof is die hele mens wat deur die krag van die Gees van Jesus Christus in ’n regte verhouding tot God staan.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in