Daaglikse oordenking

REGVERDIGMAKING DEUR GELOOF

Want as ons, toe ons vyande was, met God versoen is deur die dood van Sy Seun, veel meer sal ons, noudat ons versoen is, deur Sy lewe gered word.

Romeine 5:10

Ek word nie deur te glo gered nie; deur te glo besef ek dat ek gered is. Dit is nie inkeer wat my red nie, inkeer is die teken dat ek besef wat God in Christus Jesus gedoen het. Die gevaar is om die nadruk op die gevolg in plaas van op die oorsaak te lê. Dit is my gehoorsaamheid wat my reg met God stel, my toewyding. Nooit! Ek word reg met God gestel omdat vóór alles, Christus gesterf het. Wanneer ek my na God keer en deur geloof aanneem wat God openbaar ek kan aanneem, stort die ontsaglike Versoening van Jesus Christus my onmiddellik in ’n regte verhouding met God in; en deur die bonatuurlike wonder van God se genade staan ek geregverdig, nie omdat ek jammer is oor my sonde nie, nie omdat ek tot inkeer gekom het nie, maar vanweë wat Jesus gedoen het. Die Gees van God bring dit met ’n deurbrekende, alles-oorstromende lig, en ek weet, hoewel ek nie weet hoe nie, dat ek gered is.

Die redding van God staan nie op menslike logika nie, dit staan op die offerdood van Jesus. Ons kan wedergebore word vanweë die Versoening van Ons Here. Sondige manne en vroue kan in nuwe skepsels verander word, nie deur hulle inkeer of hulle geloof nie, maar deur die wonderbaarlike werk van God in Christus Jesus wat aan alle ervaring voorafgaan. Die oninneembare veiligheid van regverdigmaking en heiligmaking is God Self. Ons hoef hierdie dinge nie self uit te werk nie; hulle is deur die Versoening uitgewerk. Die bonatuurlike word natuurlik deur die wonder van God; daar is die besef van wat Jesus Christus reeds gedoen het — "Dit is volbring."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in