Daaglikse oordenking

DIE METODE VAN SENDING

Gaan dan heen, en onderrig (maak dissipels van) al die nasies.

Matteus 28:19

Jesus Christus het nie gesê — Gaan en red siele nie (die redding van siele is die bonatuurlike werk van God), maar — "Gaan en onderrig," d.w.s., maak dissipels van, "al die nasies," en u kan nie dissipels maak tensy u self ’n dissipel is nie. Toe die dissipels van hulle eerste sending teruggekom het was hulle met vreugde vervul omdat die duiwels aan hulle onderworpe was, en Jesus het gesê — Moenie verheug wees in suksesvolle diens nie; die groot geheim van vreugde is dat u in ’n regte verhouding tot My staan. Die groot noodsaaklike vir die sendeling is dat hy getrou aan die roeping van God bly, en besef dat sy een doel is om manne en vroue tot Jesus te dissipel. Daar is ’n hartstog vir siele wat nie uit God ontspring nie, maar uit die begeerte om bekeerlinge tot ons standpunt te maak.

Die uitdaging aan die sendeling kom nie langs die lyn dat dit moeilik is om mense gered te kry, dat dit moeilik is om teruggevalle mense terug te wen, dat daar ’n klont van gevoellose onverskilligheid is nie; maar langs die lyn van sy eie persoonlike verhouding met Jesus Christus. "Glo julle dat Ek in staat is om dit te doen?" Ons Here stel daardie vraag voortdurend, dit staan ons in die gesig in elke individuele geval wat ons teëkom. Die een groot uitdaging is — Ken ek my opgestane Here? Ken ek die krag van Sy inwonende Gees? Is ek wys genoeg in God se oë, en dwaas genoeg volgens die wêreld, om te bank op wat Jesus Christus gesê het, of laat vaar ek die groot bonatuurlike posisie, wat die enigste roeping vir ’n sendeling is, nl., grenslose vertroue in Christus Jesus? Indien ek enige ander metode opneem wyk ek heeltemal af van die metodes wat deur Ons Here neergelê is — "Aan My is alle mag gegee . . , gaan dan heen."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in