Daaglikse oordenking

LEIDING DEUR IMPULS

Bou julleself op in julle allerheiligste geloof.

Judas 20

Daar was by Ons Here niks van óf die natuur van impuls óf koelbloedigheid nie, maar alleen ’n kalm krag wat nooit paniekerig geraak het nie. Die meeste van ons ontwikkel ons Christenskap langs die lyn van ons temperament, nie langs die lyn van God nie. Impuls is ’n trek in die natuurlike lewe, maar Ons Here ignoreer dit altyd, omdat dit die ontwikkeling van die lewe van ’n dissipel verhinder. Let op hoe die Gees van God impuls rem, Sy remmings bring ’n vloed van selfbewuste dwaasheid wat maak dat ons onsself onmiddellik wil regverdig. Impuls is heeltemal in orde in ’n kind, maar dit is rampspoedig in ’n man of vrou; ’n impulsiewe mens is altyd ’n vertroetelde mens. Impuls moet deur dissipline tot intuïsie opgelei word.

Dissipelskap word geheel en al op die bonatuurlike genade van God gebou. Om op die water te loop is maklik vir impulsiewe durf, maar om as ’n dissipel van Jesus Christus op droë grond te loop is iets anders. Petrus het op die water geloop om na Jesus te gaan, maar op die land het hy Hom van ver af gevolg. Ons het nie die genade van God nodig om krisisse te deurstaan nie, die menslike natuur en trots is voldoende, ons kan die spanning luisterryk in die gesig staar; maar dit vereis wel die bonatuurlike genade van God om elke dag vier-en-twintig uur lank as ’n heilige te leef, om as ’n dissipel deur sleurwerk te gaan, om as ’n dissipel van Jesus ’n gewone, onopgemerkte, geïgnoreerde bestaan te leef. Dit is in ons ingebore dat ons buitengewone dinge vir God moet doen; maar ons hoef nie. Ons moet buitengewoon wees in die gewone dinge, heilig wees in onaansienlike strate, tussen onaansienlike mense, en dit word nie in vyf minute geleer nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in