Daaglikse oordenking

DIE VERONAGSAAMDE GEHEIM

My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.

Johannes 18:36

Die groot vyand van die Here Jesus Christus in die huidige tyd is die opvatting van praktiese werk wat nie uit die Nuwe Testament kom nie, maar uit die Stelsels van die wêreld waarin op eindelose energie en bedrywighede aangedring word, maar nie op ’n private lewe met God nie. Die nadruk word op die verkeerde ding gelê. Jesus het gesê, "Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie, want kyk die koninkryk van God is binne-in julle," ’n verborge, onopvallende ding. ’n Aktiewe Christenarbeider leef alte dikwels in die winkelvenster. Dit is die binneste van die binneste wat die krag van die lewe openbaar.

Ons moet ontslae raak van die plaag van die gees van die godsdienstige tyd waarin ons leef. In Ons Here se lewe was daar niks van die druk en gejaag van geweldige bedrywigheid wat ons so hoog ag nie, en die dissipel moet soos sy Meester wees. Die sentrale saak aangaande die koninkryk van Jesus Christus is ’n persoonlike verhouding met Homself, nie openbare nuttigheid vir mense nie.

Dit is nie die praktiese bedrywighede van hierdie Bible Training College wat sy krag is nie, sy hele krag lê in die feit dat u hier voor God aan die week gesit word. U het geen idee waar God u omstandighede gaan konstrueer nie, geen kennis van watter spanning tuis of oorsee op u geplaas gaan word nie, en indien u u tyd met ooraktiewe energie mors in plaas daarvan om in die groot grondliggende waarhede van God se Verlossing aan die week te raak, sal u breek wanneer die spanning kom; maar indien hierdie tyd van week voor God daaraan bestee word om op die onpraktiese lyn in God gewortel en gegrond te raak, sal u aan Hom getrou bly wat ook al gebeur.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in