Daaglikse oordenking

DIE SLEUTEL TOT SENDELINGTOEWYDING

Ter wille van Sy Naam het hulle uitgegaan.

3 Johannes 7

Ons Here het ons vertel hoe liefde vir Hom hom moet openbaar. "Het jy My lief?" "Laat My skape wei" — vereenselwig uself met My belange in ander mense, nie, vereenselwig My met u belange in ander mense nie. 1 Korintiërs 13:4-8 gee die karakter van hierdie liefde, dit is die liefde van God wat hom uitdruk. Die toets van my liefde vir Jesus is die praktiese een, al die res is sentimentele jargon.

Lojaliteit aan Jesus Christus is die bonatuurlike werk van Verlossing wat in my bewerk is deur die Heilige Gees wat die liefde van God in my hart uitstort, en daardie liefde werk doeltreffend deur my in aanraking met elkeen wat ek ontmoet. Ek bly lojaal aan Sy Naam hoewel elke gesondeverstandsfeit Hom van leuen beskuldig, en verklaar dat Hy nie meer krag as ’n oggendmis het nie.

Die sleutel tot sendelingtoewyding beteken om aan niks en niemand geheg te wees behalwe aan Ons Here Self nie, nie om uiterlik van dinge losgemaak te wees nie. Ons Here was op verbasingwekkende wyse in en uit tussen gewone dinge; Sy losmaking was innerlik na God toe. Uiterlike losmaking is dikwels ’n aanduiding van ’n geheime lewenskragtige gehegtheid aan die dinge waarvan ons uiterlik wegbly.

Die lojaliteit van ’n sendeling is om sy siel gekonsentreerd oop te hou vir die natuur van die Here Jesus Christus. Die manne en vroue wat Ons Here op Sy ondernemings uitstuur is gewone menslike materiaal, plus oorheersende toewyding aan Homself wat deur die Heilige Gees bewerk is.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in