Daaglikse oordenking

DIE SLEUTEL TOT DIE SENDELINGBOODSKAP

En Hy is die versoeningsoffer vir ons sondes: en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir die sondes van die hele wêreld.

1 Johannes 2:2

Die sleutel tot die sendelingboodskap is die versoeningsoffer van Christus Jesus. Neem enige fase van Christus se werk — die genesingsfase, die reddende en heiligende fase; daar is niks onbeperk aan hulle nie. "Die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!" — dit is onbeperk. Die sendelingboodskap is die onbeperkte betekenis van Jesus Christus as die versoeningsoffer vir ons sondes, en ’n sendeling is iemand wat in daardie openbaring deurweek is.

Die sleutel tot die sendelingboodskap is die kwytskeldingsaspek van Christus se lewe, nie Sy vriendelikheid en Sy goedheid, en Sy openbaring van die Vaderskap van God nie; die groot onbeperkte betekenis is dat Hy die versoeningsoffer vir ons sondes is. Die sendelingboodskap is nie patrioties nie, dit staan los van nasies en van individue, dit is vir die hele wêreld. Wanneer die Heilige Gees inkom neem Hy nie my voorliefdes in ag nie, Hy bring my in vereniging met die Here Jesus.

’n Sendeling is iemand wat in die huwelik verbind is aan die handves van sy Here en Meester, hy moet nie sy eie standpunt verkondig nie, maar die Lam van God verkondig. Dit is makliker om tot ’n kring te behoort wat vertel wat Jesus Christus vir my gedoen het, makliker om ’n aanhanger van Goddelike genesing, of van ’n besondere tipe heiligmaking, of van die doop van die Heilige Gees te word. Paulus het nie gesê — "Wee my, as ek nie preek wat Christus vir my gedoen het nie," maar — "Wee my, as ek die evangelie nie verkondig nie." Dit is die Evangelie — "Die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem!"

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in