DIE SLEUTEL TOT DIE SENDELING
“Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan heen, en onderrig al die nasies.”
Matteus 28:18-20
Die grondslag van sendingoproepe is die gesag van Jesus Christus, nie die behoeftes van die heidene nie. Ons is geneig om Ons Here te beskou as Iemand wat ons in ons ondernemings vir God bystaan. Ons Here stel Homself as die absolute soewereine hoogste Heer oor Sy dissipels. Hy sê nie dat die heidene verlore sal gaan indien ons nie gaan nie; Hy sê eenvoudig — "Gaan dan heen en onderrig al die nasies." Gaan op die openbaring van My soewereiniteit; onderrig en preek uit ’n lewende ervaring van My.
"Toe het die elf dissipels gegaan . . na ’n berg waar Jesus hulle bestel het." vers. 16. Indien ek die universele soewereiniteit van Christus wil ken, moet ek Hom vir myself ken, en weet hoe om alleen met Hom te kom; ek moet tyd neem om die Wese te aanbid wie se Naam ek dra. "Kom na My toe" — dit is die plek om Jesus te ontmoet. Is u moeg en swaar belaai? Hoeveel sendelinge is nie! Ons verban daardie wonderbaarlike woorde van die universele Soewerein van die wêreld na die drumpel van ’n nadiens; dit is die woorde van Jesus aan Sy dissipels.
"Gaan dan heen. . . ." Gaan beteken eenvoudig leef. Handelinge 1:8 is die beskrywing van hoe om te gaan. Jesus het nie gesê — Gaan na Jerusalem en Judea en Samaria nie, maar, "Julle sal My getuies wees" op al hierdie plekke. Hy neem dit op Hom om die gaanbewegings tot stand te bring.
"As julle in My bly, en My woorde in julle bly. . ." — dit is die manier om in ons persoonlike lewens aan te hou gaan. Waar ons geplaas word is ’n saak van onverskilligheid; God konstrueer die gaanbewegings.
"Nie een van hierdie dinge beweeg my nie, en ek ag ook nie my lewe vir myself dierbaar nie . . ." Dit is hoe om aan te hou gaan totdat ons heengegaan het.