Daaglikse oordenking

DIE GERIGTHEID VAN WEDERGEBOORTE

Toe dit God . . behaag het om Sy Seun in my te openbaar.

Galasiërs 1:15, 16

As Jesus Christus my moet wederbaar, teen watter probleem loop Hy Hom vas? Ek het ’n erfelikheid waaroor ek geen seggenskap gehad het nie; ek is nie heilig nie, en sal dit waarskynlik ook nie wees nie; en as al wat Jesus Christus kan doen is om vir my te sê dat ek heilig moet wees, plant Sy onderrig wanhoop. Maar as Jesus Christus ’n Wederverwekker is, Iemand wat Sy eie erfelikheid van heiligheid in my kan plaas, begin ek sien waarop Hy afstuur wanneer Hy sê dat ek heilig moet wees. Verlossing beteken dat Jesus Christus in enige mens die oorerflike aard kan plaas wat in Homself was, en al die maatstawwe wat Hy gee is op daardie aard gegrond: Sy onderrig is vir die lewe wat Hy inplaas. Die morele transaksie van my kant is ooreenstemming met God se uitspraak oor sonde in die Kruis van Jesus Christus.

Die Nuwe-Testamentiese onderrig oor wedergeboorte is dat wanneer ’n mens deur ’n besef van behoefte getref word, God die Heilige Gees in sy gees sal plaas, en sy persoonlike gees deur die Gees van die Seun van God met energie vervul sal word, "totdat Christus in julle gevorm word." Die morele wonder van die Verlossing is dat God ’n nuwe aard in my kan plaas waardeur ek ’n volkome nuwe lewe kan leef. Wanneer ek die grens van behoefte bereik en my beperkings ken, sê Jesus — "Salig is u." Maar ek moet daar kom. God kan nie in my, ’n verantwoordelike morele wese, die aard plaas wat in Jesus Christus was tensy ek daarvan bewus is dat ek dit nodig het nie.

Net soos die aard van sonde deur een mens die menslike geslag binnegekom het, het die Heilige Gees deur ’n ander Mens die menslike geslag binnegekom; en Verlossing beteken dat ek van die erfelikheid van sonde bevry kan word en deur Jesus Christus ’n onbevlekte erfelikheid kan ontvang, nl., die Heilige Gees.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in