Daaglikse oordenking

DIE VISIOEN EN DIE WAARHEID

Geroep om heiliges te wees.

1 Korintiërs 1:2

Dank God vir die aanskoue van alles wat u nog nooit was nie. U het die visioen gehad, maar u is nog hoegenaamd nie daar nie. Dit is wanneer ons in die vallei is, waar ons bewys of ons die uitverkorenes wil wees, dat die meeste van ons omdraai. Ons is nie heeltemal voorbereid op die houe wat moet kom as ons in die vorm van die visioen verander gaan word nie. Ons het gesien wat ons nie is nie, en wat God wil hê ons moet wees, maar is ons gewillig om die visioen deur God "tot vorm en gebruik te laat beuk"? Die houe kom altyd op alledaagse wyses en deur alledaagse mense.

Daar is tye wanneer ons wel weet wat God se doel is; of ons die visioen in daadwerklike karakter sal laat verander hang van ons af, nie van God nie. As ons verkies om op die berg rond te lê en in die herinnering aan die visioen te leef, sal ons daadwerklik van geen nut wees in die gewone stof waaruit die menslike lewe opgebou is nie. Ons moet leer om in afhanklikheid van wat ons in die visioen gesien het te leef, nie in ekstases en bewuste beskouing van God nie, maar om in die daadwerklikhede in die lig van die visioen te leef totdat ons by die waaragtige werklikheid uitkom. Elke deel van ons opleiding gaan in daardie rigting. Leer om God te dank dat Hy Sy eise bekend maak.

Die klein "ek is" mok altyd wanneer God sê doen. Laat die klein "ek is" in God se verontwaardiging verskrompel — "EK IS WAT EK IS het u gestuur." Hy moet oorheers. Is dit nie deurdringend om te besef dat God weet waar ons woon, en in watter hondehokke ons inkruip nie! Hy sal ons soos ’n bliksemstraal opspoor. Geen mens ken mense soos God hulle ken nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in