Daaglikse oordenking

DIE SFEER VAN BEDIENING

Hierdie soort kan deur niks uitgaan, behalwe deur gebed en vas nie.

Markus 9:29

"Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?" Die antwoord lê in ’n persoonlike verhouding tot Jesus Christus. Hierdie soort kan deur niks uitgaan behalwe deur konsentrasie en verdubbelde konsentrasie op Hom nie. Ons kan altyd magteloos bly, soos die dissipels was, deur God se werk te probeer doen nie in konsentrasie op Sy mag nie, maar deur idees wat uit ons eie temperament geput is. Ons belaster God juis deur ons gretigheid om vir Hom te werk sonder om Hom te ken.

U word van aangesig tot aangesig met ’n moeilike geval gebring en uiterlik gebeur niks nie, en tog weet u dat bevryding gegee sal word omdat u op Jesus Christus gekonsentreer is. Dit is u lyn van diens — om toe te sien dat daar niks tussen Jesus en uself is nie. Is daar? As daar is, moet u daardeur kom, nie deur dit in irritasie te ignoreer, of deur op te styg nie, maar deur dit in die gesig te staar en daardeur tot in die teenwoordigheid van Jesus Christus te kom, dan sal juis daardie ding, en alles waardeur u in verband daarmee gegaan het, Jesus Christus verheerlik op ’n wyse wat u nooit sal ken voordat u Hom van aangesig tot aangesig sien nie.

Ons moet met vlerke soos arende kan opstyg; maar ons moet ook weet hoe om af te kom. Die krag van die heilige lê in die afkom en die benede-lewe. "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee," het Paulus gesê, en die dinge waarna hy verwys het was meestal vernederende dinge. Dit lê binne ons vermoë om te weier om verneder te word en te sê — "Nee, dankie, ek verkies dit veel eerder om saam met God op die bergtop te wees." Kan ek dinge soos hulle daadwerklik is in die lig van die werklikheid van Jesus Christus in die gesig staar, of wis dinge soos hulle is my geloof in Hom geheel en al uit, en bring hulle my in paniek?

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in