Daaglikse oordenking

DIE OPDRAG VAN DIE ROEP

Ek wat my nou in my lyding vir julle verbly, en in my vlees aanvul wat aan die verdrukkinge van Christus ontbreek ter wille van Sy Liggaam.

Kolossense 1:24

Ons maak roepe uit ons eie geestelike toewyding, maar Hy vee dit alles opsy wanneer ons reg met God kom, en klink ons met ’n verskriklike pyn vas aan een ding waarvan ons nooit gedroom het nie en vir een stralende flitsende oomblik, sien ons wat Hy in die oog het, en ons sê — "Hier is ek, stuur my."

Hierdie roep het niks met persoonlike heiligmaking te doen nie, maar daarmee om gebreekte brood en uitgegote wyn gemaak te word. God kan ons nooit wyn maak as ons beswaar maak teen die vingers waarmee Hy ons verbrysel nie. As God maar net Sy eie vingers, sou gebruik en my op ’n besondere wyse gebreekte brood en uitgegote wyn sou maak! Maar wanneer Hy iemand van wie ons nie hou nie, of die een of ander stel omstandighede waaraan ons gesê het ons ons nooit sou onderwerp nie gebruik, en hulle die verbryselaars maak, maak ons beswaar. Ons moet nooit die toneel van ons eie martelaarskap kies nie. As ons ooit wyn gemaak gaan word, sal ons verbrysel moet word; u kan nie druiwe drink nie. Druiwe word slegs wyn wanneer hulle uitgedruk is.

Ek wonder watter soort vinger en duim God gebruik het om u uit te druk, en u was soos ’n albaster en het ontsnap? U is nog nie ryp nie, en as God u wel uitgedruk het, sou die wyn opvallend bitter gewees het. Om ’n sakramentele persoonlikheid te wees beteken dat God in die elemente van die natuurlike lewe teenwoordig is[1] namate hulle voorsienig in Sy diens gebreek word. Ons moet tot in God aangepas word voordat ons gebreekte brood in Sy hande kan wees. Bly reg met God en laat Hom doen wat Hy wil, en u sal ontdek dat Hy die soort brood en wyn voortbring wat Sy ander kinders tot voordeel sal wees.

[1] Die Engelse presenced is by Chambers ’n ongewone woord wat as werkwoord gebruik word. ‘God in die elemente van die natuurlike lewe teenwoordig is’ behou die bedoelde gedagte dat God in hierdie elemente teenwoordig is, nie dat Hy die elemente self teenwoordig maak nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in