DIE "GAAN" VAN ONVOORWAARDELIKE VEREENSELWIGING
“Een ding ontbreek u: . . kom, neem die kruis op, en volg My.”
Markus 10:21
Die ryk jong owerste het die meesterhartstog gehad om volmaak te wees. Toe hy Jesus Christus sien, wou hy soos Hy wees. Ons Here stel nooit persoonlike heiligheid voorop wanneer Hy ’n dissipel roep nie; Hy stel die absolute vernietiging van my reg op myself en vereenselwiging met Homself voorop — ’n verhouding met Homself waarin daar geen ander verhouding is nie. Lukas 14:26 het niks met redding of heiligmaking te doen nie, maar met onvoorwaardelike vereenselwiging met Jesus Christus. Baie min van ons ken die absolute "gaan" van teuellose oorgawe aan Jesus.
"Toe het Jesus hom aangekyk en hom liefgekry." Die blik van Jesus sal ’n hart beteken wat vir ewig gebreek is van trou aan enige ander persoon of ding. Het Jesus ooit na u gekyk? Die blik van Jesus omvorm en pen vas. Waar u "sag" met God is is waar die Here na u gekyk het. As u hard en wraaksugtig is, op u eie sin aandring, seker dat die ander persoon waarskynliker verkeerd is as u, is dit ’n aanduiding dat hele streke van u natuur nog nooit deur Sy blik omvorm is nie.
"Een ding ontbreek u . . ." Die enigste "goeie ding" vanuit Jesus Christus se standpunt is vereniging met Homself en niks tussenin nie.
"Verkoop alles wat u het . ." Ek moet myself verminder totdat ek bloot ’n bewuste mens is, ek moet besittings van alle soorte fundamenteel versaak, nie om my siel te red nie (slegs een ding red ’n mens — absolute vertroue op Jesus Christus) — maar om Jesus te volg. "Kom, en volg My." En die pad is die weg wat Hy gegaan het.