Daaglikse oordenking

DIE "GAAN" VAN VERHOUDING

En elkeen wat u dwing om een myl te gaan, gaan twee met hom saam.

Matteus 5:41

Die samevatting van Ons Here se leer is dat die verhouding wat Hy eis ’n onmoontlike een is tensy Hy ’n bonatuurlike werk in ons gedoen het. Jesus Christus eis dat daar nie die geringste spoor van wrewel selfs onderdruk in die hart van ’n dissipel sal wees wanneer hy tirannie en onreg ontmoet nie. Geen geesdrif sal ooit die spanning deurstaan wat Jesus Christus op Sy arbeider sal plaas nie, slegs een ding sal, en dit is ’n persoonlike verhouding tot Homself wat deur die meul van Sy lenteskoonmaak gegaan het totdat daar slegs een doel oor is — Ek is hier vir God om my te stuur waarheen Hy wil. Elke ander ding mag in mis gehul raak, maar hierdie verhouding tot Jesus Christus mag nooit in mis gehul raak nie.

Die Bergrede is nie ’n ideaal nie, dit is ’n verklaring van wat in my sal gebeur wanneer Jesus Christus my aard verander en ’n aard soos Sy eie in my geplaas het. Jesus Christus is die enigste Een wat die Bergrede kan vervul.

As ons dissipels van Jesus moet wees, moet ons bonatuurlik dissipels gemaak word; ons kan seker wees dat ons nie dissipels is solank ons die starre vaste doel het om dit te wees nie. "Ek het julle uitgekies." Dit is die wyse waarop die genade van God begin. Dit is ’n dwinging waarvan ons nie kan wegkom nie; ons kan daaraan ongehoorsaam wees, maar ons kan dit nie voortbring nie. Die trekking word deur die bonatuurlike genade van God gedoen, en ons kan nooit naspoor waar Sy werk begin nie. Ons Here se maak van ’n dissipel is bonatuurlik. Hy bou hoegenaamd nie op enige natuurlike vermoë nie. God vra ons nie om die dinge te doen wat vir ons natuurlik maklik is nie; Hy vra ons slegs om die dinge te doen waarvoor ons deur Sy genade volkome geskik gemaak is, en die kruis sal altyd langs daardie lyn kom.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in