DIE "GAAN" VAN VOORBEREIDING
“As u dan u gawe na die altaar bring, en u daar onthou dat u broer iets teen u het; laat u gawe daar voor die altaar, en gaan u weg; versoen u eers met u broer, en kom dan en offer u gawe.”
Matteus 5:23, 24
Dit is maklik om ons te verbeel dat ons by ’n plek sal uitkom waar ons volkome en gereed is, maar voorbereiding word nie skielik volbring nie, dit is ’n proses wat bestendig gehandhaaf word. Dit is gevaarlik om in ’n gevestigde toestand van ervaring te kom. Dit is voorbereiding en voorbereiding.
Die besef van offer spreek ’n jong Christen maklik aan. Menslik gesproke, is die een ding wat ons na Jesus Christus aantrek ons besef van die heldhaftige, en die noulettende ondersoek deur Ons Here se woorde stel hierdie vloed van geesdrif skielik op die proef. "Versoen u eers met u broer." Die "gaan" van voorbereiding is om die Woord van God noulettend te laat ondersoek. Die besef van heldhaftige offer is nie goed genoeg nie. Die ding wat die Heilige Gees in u bespeur is die aard wat nooit in Sy diens sal werk nie. Niemand behalwe God kan daardie aard in u bespeur nie. Het u enigiets om vir God weg te steek? Indien wel, laat God u dan met Sy lig deursoek. As daar sonde is, bely dit, moenie dit erken nie. Is u gewillig om u Here en Meester te gehoorsaam wat ook al die vernedering van u reg op uself mag wees?
Moet nooit ’n oortuiging verwerp nie. As dit belangrik genoeg is dat die Gees van God dit in u denke gebring het, is dit daardie ding wat Hy bespeur. U het na ’n groot ding gesoek om prys te gee. God vertel u van die een of ander nietige ding; maar daaragter lê die sentrale vesting van koppigheid: Ek sal nie my reg op myself prysgee nie — die ding wat God bedoel dat u moet prysgee as u ooit ’n dissipel van Jesus Christus gaan wees.