SENDINGVOORBESTEMMINGS
“En nou, sê die Here, wat my van die moederskoot af gevorm het om Sy dienaar te wees.”
Jesaja 49:5
Die eerste ding wat gebeur nadat ons ons uitverkiesing tot God in Christus Jesus verwesenlik het is die vernietiging van ons vooroordele en ons parogiale begrippe en ons patriotismes; ons word in dienaars van God se eie doel verander. Die hele menslike geslag is geskep om God te verheerlik en Hom vir ewig te geniet. Sonde het die menslike geslag op ’n ander koers oorgeskakel, maar dit het God se doel nie in die geringste mate verander nie; en ons word wanneer ons wedergebore word in die verwesenliking van God se groot doel vir die menslike geslag ingebring, nl., Ek is vir God geskep, Hy het my gemaak. Hierdie verwesenliking van die uitverkiesing van God is die vreugdevolste verwesenliking op aarde, en ons moet leer om op die geweldige skeppende doel van God staat te maak. Die eerste ding wat God met ons sal doen is om die belange van die hele wêreld "deur die kanale van ’n enkele hart te forseer". Die liefde van God, juis die natuur van God, word in ons ingebring, en die natuur van God die Almagtige word in Johannes 3:16 gefokus — "God het die wêreld so liefgehad . . ."
Ons moet ons siel oop hou vir die feit van God se skeppende doel, en dit nie met ons eie bedoelings verwar nie. As ons dit doen, sal God ons bedoelings opsy moet verpletter hoeveel seer dit ook al maak. Die doel waarvoor die sendeling geskep is is dat hy God se dienaar kan wees, iemand in wie God verheerlik word. Wanneer ons eenmaal besef dat ons deur die redding van Jesus Christus volmaak geskik vir God gemaak word, sal ons verstaan waarom Jesus Christus so meedoënloos in Sy eise is. Hy eis absolute regskapenheid van Sy dienaars, omdat Hy juis die natuur van God in hulle geplaas het.
Waak daarteen dat u God se doel vir u lewe vergeet.