Daaglikse oordenking

DIE GODDELIKE REËL VAN DIE LEWE

Wees julle dan volmaak, soos julle Vader in die hemel volmaak is.

Matteus 5:48

Ons Here se vermaning in hierdie verse is om ruimhartig in ons gedrag teenoor alle mense te wees. Waak in die geestelike lewe daarteen om volgens natuurlike verwantskappe te wandel. Elkeen het natuurlike verwantskappe; van sommige mense hou ons en van ander hou ons nie. Ons moet nooit toelaat dat daardie voor- en afkeure in ons Christelike lewe heers nie. "As ons in die lig wandel soos God in die lig is," sal God ons gemeenskap gee met mense met wie ons geen natuurlike verwantskap het nie.

Die Voorbeeld wat Ons Here aan ons gee, is nie dié van ’n goeie mens of selfs van ’n goeie Christen nie, maar van God Self. "Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is," toon aan die ander mens wat God aan u getoon het; en God sal ons oorvloedige geleenthede in die daadwerklike lewe gee om te bewys of ons volmaak is soos ons Vader in die hemel volmaak is. Om ’n dissipel te wees beteken dat ons ons doelbewus met God se belange in ander mense vereenselwig. "Dat julle mekaar liefhet; soos Ek julle liefgehad het . . ."

Die uitdrukking van Christelike karakter is nie goed-doen nie, maar Godgelykheid. As die Gees van God u innerlik omgevorm het, sal u Goddelike kenmerke in u lewe vertoon, nie goeie menslike kenmerke nie. God se lewe in ons druk homself as God se lewe uit, nie as menslike lewe wat probeer om godvrugtig te wees nie. Die geheim van ’n Christen is dat die bonatuurlike deur die genade van God in hom natuurlik gemaak word, en die ervaring hiervan werk uit in die praktiese besonderhede van die lewe, nie in tye van gemeenskap met God nie. Wanneer ons in aanraking kom met dinge wat ’n gegons veroorsaak, ontdek ons tot ons verbasing dat ons krag het om wonderbaarlik in ewewig in die middelpunt daarvan te bly.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in