NA OORGAWE — WAT?
“Ek het die werk voltooi wat U My gegee het om te doen.”
Johannes 17:4
Oorgawe is nie die oorgawe van die uiterlike lewe nie, maar van die wil; wanneer dit gedoen is, is alles gedoen. Daar is baie min krisisse in die lewe; die groot krisis is die oorgawe van die wil. God verpletter nooit ’n mens se wil tot oorgawe nie, Hy smeek hom nooit nie, Hy wag totdat die mens sy wil aan Hom oorgee. Daardie geveg hoef nooit weer geveg te word nie.
Oorgawe vir bevryding.
"Kom na My toe en Ek sal julle rus gee." Dit is nadat ons begin ervaar het wat redding beteken dat ons ons wil vir rus aan Jesus oorgee. Wat ook al die hart of denke verwar is ’n roep tot die wil — "Kom na My toe." Dit is ’n vrywillige koms.
Oorgawe vir toewyding.
"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën." Die oorgawe hier is van my self aan Jesus, my self met Sy rus in die hart daarvan. "As u My dissipel wil wees, gee u reg op uself aan My oor." Dan is die res van die lewe niks anders as die openbaring van hierdie oorgawe nie. Wanneer die oorgawe eenmaal plaasgevind het hoef ons nooit enigiets te "veronderstel" nie. Ons hoef nie om te gee wat ons omstandighede is nie, Jesus is ruim voldoende.
Oorgawe vir die dood.
Johannes 21:18-19. "...’n ander sal u omgord." Het u geleer wat dit beteken om vir die dood gebind te wees? Waak teen ’n oorgawe wat u in ’n ekstase aan God maak; u is geneig om dit weer terug te neem. Dit gaan daaroor om met Jesus in Sy dood verenig te wees totdat niks u ooit aanspreek wat Hom nie aangespreek het nie.
Na oorgawe — wat? Die geheel van die lewe ná oorgawe is ’n vurige verlange na ononderbroke gemeenskap met God.