Daaglikse oordenking

DEUR GEESTELIKE VERWARRING

Julle weet nie wat julle vra nie.

Matteus 20:22

Daar is tye in die geestelike lewe wanneer daar verwarring is, en dit is geen uitweg om te sê dat daar nie verwarring behoort te wees nie. Dit gaan nie om reg en verkeerd nie, maar om God wat u langs ’n weg neem wat u intussen nie verstaan nie, en dit is slegs deur die verwarring deur te gaan dat u sal uitkom by wat God wil hê.

Die omhulling van Sy vriendskap.

Lukas 11:5-8. Jesus het die illustrasie gegee van die man wat gelyk het asof hy nie vir sy vriend omgee nie, en Hy het gesê dat dit is hoe die Hemelse Vader soms vir u sal voorkom. U sal dink dat Hy ’n onvriendelike vriend is, maar onthou dat Hy nie is nie; die tyd sal kom wanneer alles verduidelik sal word. Daar is ’n wolk oor die vriendskap van die hart, en dikwels moet selfs liefde self in pyn en trane wag op die seën van voller gemeenskap. Wanneer God volkome omhul lyk, sal u in vertroue op Hom bly vashou?

Die skaduwee oor Sy Vaderskap.

Lukas 11:11-13. Jesus sê dat daar tye is wanneer u Vader sal voorkom asof Hy ’n onnatuurlike vader is, asof Hy gevoelloos en onverskillig is, maar onthou dat Hy nie is nie; Ek het vir u gesê — "Elkeen wat vra ontvang." As daar juis nou ’n skaduwee oor die gesig van die Vader is, hou vas daaraan dat Hy uiteindelik Sy helder openbaring sal gee en Homself sal regverdig in alles wat Hy toegelaat het.

Die vreemdheid van Sy getrouheid.

Lukas 18:1-8. "Wanneer die Seun van die mens kom, sal Hy geloof op die aarde vind?" Sal Hy die geloof vind wat ten spyte van die verwarring op Hom bank? Staan terug in geloof en glo dat wat Jesus gesê het waar is, al verstaan u intussen nie wat God doen nie. Hy het groter aangeleenthede op die spel as die bepaalde dinge wat u vra.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in