DIE SENDELING WAT WAAK
“Waak met My.”
Matteus 26:40
"Waak met My" — sonder hoegenaamd enige private oogpunt van u eie, maar waak geheel en al met My. In die vroeë stadiums waak ons nie met Jesus nie, ons waak vir Hom. Ons waak nie met Hom deur die openbaring van die Bybel; in die omstandighede van ons lewe nie. Ons Here probeer ons binnelei in vereenselwiging met Homself in ’n bepaalde Getsemane, en ons wil nie gaan nie; ons sê — "Nee, Here, ek kan die betekenis hiervan nie sien nie, dit is bitter." Hoe kan ons ooit saam met Iemand waak wat ondeurgrondelik is? Hoe gaan ons Jesus voldoende verstaan om met Hom in Sy Getsemane te waak, wanneer ons nie eens weet waarvoor Sy lyding is nie? Ons weet nie hoe om met Hom te waak nie; ons is slegs gewoond aan die idee dat Jesus met ons waak.
Die dissipels het Jesus Christus tot die grens van hulle natuurlike kapasiteit liefgehad, maar hulle het nie verstaan wat Hy in die oog gehad het nie. In die Tuin van Getsemane het hulle vanweë hulle eie droefheid geslaap, en aan die einde van drie jaar van die intiemste intimiteit het hulle "Hom almal verlaat en gevlug."
"Hulle is almal met die Heilige Gees vervul" — dieselfde "hulle," maar iets wonderbaars het tussenin gebeur — Ons Here se Dood en Opstanding en Hemelvaart; en die Heilige Gees het die dissipels binnegedring. Ons Here het gesê — "Julle sal mag ontvang nadat die Heilige Gees oor julle gekom het," en dit het beteken dat hulle geleer het om die res van hulle lewe saam met Hom te waak.