DIE SAKRAMENT VAN OFFER
“Hy wat in My glo . . uit hom sal vloei . . . .”
Johannes 7:38
Jesus het die volgende nie gesê nie — "Hy wat in My glo sal die seën van die volheid van God verwesenlik," maar — "Hy wat in My glo uit hom sal alles wat hy ontvang ontsnap." Ons Here se leer is altyd anti-selfverwesenliking. Sy doel is nie die ontwikkeling van ’n mens nie; Sy doel is om ’n mens presies soos Homself te maak, en die kenmerk van die Seun van God is selfbesteding. As ons in Jesus glo, is dit nie wat ons verkry nie, maar wat Hy deur ons giet wat tel. Dit is nie dat God ons pragtig ronde druiwe maak nie, maar dat Hy die soetheid uit ons druk. Geestelik, kan ons ons lewe nie aan sukses meet nie, maar slegs aan wat God deur ons giet, en dit kan ons hoegenaamd nie meet nie.
Toe Maria van Betanië die kruik met kosbare salf gebreek en dit op Jesus se hoof uitgegiet het, was dit ’n daad waarvoor niemand anders enige aanleiding gesien het nie; die dissipels het gesê dit was ’n vermorsing. Maar Jesus het Maria vir haar buitensporige daad van toewyding geprys, en gesê dat waar Sy Evangelie ook al verkondig word "ook wat sy gedoen het ter gedagtenis aan haar vertel sal word." Ons Here word met vreugde buite Homself gevoer wanneer Hy enigeen van ons sien doen wat Maria gedoen het, nie ingestel op hierdie of daardie spaarsaamheid nie, maar teuelloos aan Hom oorgegee. God het die lewe van Sy Seun uitgegiet sodat die wêreld gered kon word; is ons bereid om ons lewens vir Hom uit te giet?
"Hy wat in My glo uit hom sal strome lewende water vloei" — honderde ander lewens sal voortdurend verkwik word. Dit is nou tyd om die lewe te breek, om op te hou hunker na bevrediging, en om die ding uit te giet. Ons Here vra wie van ons dit vir Hom sal doen?