Daaglikse oordenking

IS EK DEUR CHRISTUS OORTUIG?

Nogtans wees nie hieroor bly nie . . . , maar wees eerder bly omdat julle name in die hemel geskryf is.

Lukas 10:19, 20

Jesus Christus sê, in werklikheid, Moenie oor suksesvolle diens bly wees nie, maar wees bly omdat u in die regte verhouding tot My staan. Die strik in Christelike werk is om oor suksesvolle diens bly te wees, om bly te wees oor die feit dat God u gebruik het. U kan nooit meet wat God deur u sal doen as u in die regte verhouding tot Jesus Christus staan nie. Hou u verhouding met Hom reg, dan, in watter omstandighede u ook al is en wie u dag ná dag ook al ontmoet, giet Hy strome lewende water deur u, en dit is uit Sy barmhartigheid dat Hy u dit nie laat weet nie. Wanneer u eenmaal deur redding en heiligmaking in die regte verhouding tot God gebring is, onthou dat u waar u ook al is, deur God daar geplaas is; en deur die reaksie van u lewe op die omstandighede rondom u, sal u God se doel vervul, solank u in die lig bly soos God in die lig is.

Die neiging vandag is om die nadruk op diens te plaas. Waak teen die mense wat nut tot hulle grond van beroep maak. As u nut die toets maak, dan was Jesus Christus die grootste mislukking wat ooit geleef het. Die gidsster van die heilige is God Self, nie geskatte nut nie. Dit is die werk wat God deur ons doen wat tel, nie wat ons vir Hom doen nie. Al waarop Ons Here in ’n mens se lewe ag gee is die verhouding van waarde tot Sy Vader. Jesus bring baie seuns tot heerlikheid.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in