DIE VRUGBAARHEID VAN VRIENDSKAP
“Ek het julle vriende genoem.”
Johannes 15:15
Ons ken nooit die vreugde van selfopoffering totdat ons ons in elke bepaalde opsig teuelloos oorgee nie. Selfoorgawe is die moeilikste ding — Ek sal as . . . ! Nou, ja, ek veronderstel ek moet my lewe aan God wy. Daar is niks van die vreugde van selfopoffering daarin nie.
Sodra ons ons wel teuelloos oorgee, gee die Heilige Gees ons ’n aanduiding van die vreugde van Jesus. Die uiteindelike doel van selfopoffering is om ons lewe vir ons Vriend af te lê. Wanneer die Heilige Gees inkom, is die groot begeerte om die lewe vir Jesus af te lê, en die gedagte aan offer raak ons nooit nie omdat offer die liefdeshartstog van die Heilige Gees is.
Ons Here is ons voorbeeld in die lewe van selfopoffering — "Ek verlustig My daarin om U wil te doen, o My God." Hy het met Sy offer voortgegaan met uitbundige vreugde. Het ek my ooit in absolute onderwerping aan Jesus Christus oorgegee? As Jesus Christus nie die gidsster is nie, is daar geen voordeel in die offer nie; maar wanneer die offer met die oë op Hom gebring word, begin die vormende invloed stadig maar seker geld.
Waak daarteen om natuurlike verwantskappe toe te laat om u wandel in liefde te verhinder. Een van die wreedste wyses om natuurlike liefde dood te maak is deur minagting wat op natuurlike verwantskappe gebou is. Die verwantskap van die heilige is die Here Jesus. Liefde vir God is nie sentimenteel nie, vir die heilige om lief te hê soos God liefhet is die mees praktiese ding.
"Ek het julle vriende genoem." Dit is ’n vriendskap wat gegrond is op die nuwe lewe wat in ons geskep is wat geen verwantskap met ons ou lewe het nie, maar slegs met die lewe van God. Dit is onuitspreeklik nederig, onbevlek rein, en absoluut aan God toegewy.