Daaglikse oordenking

DIE GEESTELIKE INDEKS

Of watter mens onder julle, as sy seun brood vra, sal hom ’n klip gee?

Matteus 7:9

Die illustrasie van gebed wat Ons Here hier gebruik is dié van ’n goeie kind wat ’n goeie ding vra. Ons praat oor gebed asof God ons hoor ongeag die feit van ons verhouding tot Hom (vgl. Matteus 5:45). Moet nooit sê dat dit nie God se wil is om u te gee wat u vra nie, moenie gaan sit en beswyk nie, maar vind die rede uit, slaan die indeks na. Staan u in die regte verhouding tot u vrou, tot u man, tot u kinders, tot u medestudente — is u daar ’n "goeie kind"? "O Here, ek was prikkelbaar en kortaf, maar ek wil wel geestelike seën hê." U kan dit nie kry nie, u sal daarsonder moet klaarkom totdat u in die houding van ’n goeie kind kom.

Ons hou uittarting vir toewyding; redetwis met God vir teuellose oorgawe. Ons wil nie na die indeks kyk nie. Het ek God gevra om my geld te gee vir iets wat ek wil hê terwyl daar iets is waarvoor ek nie betaal het nie? Het ek God om vryheid gevra terwyl ek dit van iemand wat aan my behoort weerhou? Ek het iemand nie sy oortredinge vergewe nie; ek was nie vriendelik teenoor hom nie; ek het nie as God se kind onder my familie en vriende geleef nie. (v.12.)

Ek is slegs deur wedergeboorte ’n kind van God, en as ’n kind van God is ek slegs goed namate ek in die lig wandel. Gebed word by die meeste van ons in ’n vrome gemeenplaas verander, dit is ’n saak van emosie, mistieke gemeenskap met God. Geestelik is ons almal goed daarmee om mis voort te bring. As ons die indeks naslaan, sal ons baie duidelik sien wat verkeerd is — daardie vriendskap, daardie skuld, daardie stemming van die denke. Dit help nie om te bid tensy ons as kinders van God leef nie. Dan, sê Jesus — "Elkeen wat vra ontvang."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in