Daaglikse oordenking

GEBEDSKEUSE EN GEBEDSBOTSING

Wanneer u bid, gaan in u binnekamer, en bid tot u Vader wat in die verborgene is.

Matteus 6:6

Jesus het nie gesê — Droom in die verborgene oor u Vader nie, maar Bid in die verborgene tot u Vader. Gebed is ’n inspanning van die wil. Nadat ons ons verborge plek binnegegaan en die deur toegemaak het, is die moeilikste ding om te doen om te bid; ons kan ons denke nie in werkende orde kry nie, en die eerste ding wat bots is dwaalgedagtes. Die groot geveg in private gebed is die oorwinning oor verstandelike wolvergaring. Ons moet ons denke dissiplineer en op doelbewuste gebed konsentreer.

Ons moet ’n uitgesoekte plek vir gebed hê en wanneer ons daar kom begin die plaag van vlieë — Dít moet gedoen word, en dát. "Sluit u deur." ’n Verborge stilte beteken om die deur doelbewus vir emosies te sluit en God te onthou. God is in die verborgene, en Hy sien ons vanuit die verborge plek; Hy sien ons nie soos ander mense ons sien, of soos ons onsself sien nie. In die verborge plek word dit vir ons onmoontlik om aan God te twyfel, ons word sekerder van Hom as van enigiets anders. U Vader, sê Jesus, is in die verborgene en nêrens anders nie. Gaan die verborge plek binne, en reg in die middelpunt van die alledaagse kringloop vind u God die hele tyd daar. Kom in die gewoonte om met God oor alles te handel. Tensy u in die eerste wakker oomblik van die dag leer om die deur wyd terug te slinger en God in te laat, sal u die hele dag op ’n verkeerde vlak werk; maar swaai die deur wyd oop en bid in die verborgene tot u Vader, en elke openbare ding sal met die teenwoordigheid van God gestempel word.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in