"EK INDERDAAD . . . MAAR HY"
“Ek inderdaad doop julle met water . . maar Hy sal julle met die Heilige Gees en vuur doop.”
Matteus 3:11
Het ek ooit in my ervaring by ’n plek gekom waar ek kan sê — "Ek inderdaad — maar Hy"? Totdat daardie oomblik wel kom, sal ek nooit weet wat die doop met die Heilige Gees beteken nie. Ek inderdaad is aan ’n einde, ek kan niks doen nie: maar Hy begin juis daar — Hy doen die dinge wat niemand anders ooit kan doen nie. Is ek op Sy koms voorbereid? Jesus kan nie kom solank enigiets goeds of slegs in die weg staan nie. Is ek op Sy koms voorbereid om elke verkeerde ding wat ek gedoen het deur Hom die lig ingesleep te laat word? Dit is juis daar waar Hy kom. Waar ek ook al weet dat ek onrein is, sal Hy Sy voete neersit; waar ek ook al dink dat ek rein is, sal Hy hulle terugtrek.
Inkeer bring nie ’n besef van sonde nie, maar ’n besef van onuitspreeklike onwaardigheid. Wanneer ek tot inkeer kom, besef ek dat ek volkome hulpeloos is; ek weet dwarsdeur my dat ek nie waardig is om selfs Sy skoene te dra nie. Het ek so tot inkeer gekom? Of is daar ’n talmende suggestie dat ek vir myself moet opstaan? Die rede waarom God nie in my lewe kan kom nie is dat ek nie dwarsdeur tot in inkeer gekom het nie.
"Hy sal julle met die Heilige Gees en vuur doop." Johannes praat nie van die doop met die Heilige Gees as ’n ervaring nie, maar as ’n werk wat deur Jesus Christus verrig word. "Hy sal julle doop." Die enigste bewuste ervaring wat dié wat met die Heilige Gees gedoop is ooit het is ’n besef van absolute onwaardigheid.
Ek inderdaad was dit en dat; maar Hy het gekom, en ’n wonderbare ding het gebeur. Kom by die rand waar Hy alles doen.