Daaglikse oordenking

VOLLEDIGHEID

En Ek sal julle rus gee.

Matteus 11:28

Wanneer enigiets u lewe met Jesus Christus begin laat disintegreer, draai dadelik na Hom toe en vra Hom om rus te vestig. Moet nooit toelaat dat enigiets bly wat die on-vrede veroorsaak nie. Neem elke element van disintegrasie as iets waarteen u moet worstel, en wat u nie moet verdra nie. Sê — Here, bewys U bewustheid in my, en selfbewustheid sal verdwyn en Hy sal alles in almal wees. Waak teen die voortduring van selfbewustheid wat mettertyd selfbejammering sal wek, en selfbejammering is satanies. Nou ja, ek word nie verstaan nie; hiervoor behoort hulle om verskoning te vra; dít is ’n punt wat ek werklik moet laat opklaar. Laat ander met rus en vra die Here om u Christusbewustheid te gee, en Hy sal u in ewewig bring totdat die volledigheid absoluut is.

Die volledige lewe is die lewe van ’n kind. Wanneer ek bewustelik bewus is, is daar iets verkeerd. Dit is die siek mens wat weet wat gesondheid is. Die kind van God is nie bewus van die wil van God nie omdat hy die wil van God is. Wanneer daar die geringste afwyking van die wil van God was, begin ons vra — Wat is U wil? ’n Kind van God bid nooit om daarvan bewus te wees dat God gebed beantwoord nie, hy is so rustig seker dat God gebed altyd beantwoord.

As ons selfbewustheid volgens enige metode van gesonde verstand probeer oorwin, sal ons dit geweldig ontwikkel. Jesus sê, "Kom na My toe en Ek sal julle rus gee," d.w.s., Christusbewustheid sal die plek van selfbewustheid inneem. Waar Jesus ook al kom vestig Hy rus, die rus van die volmaaktheid van aktiwiteit wat nooit van homself bewus is nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in