Daaglikse oordenking

KEN HY MY

Hy roep . . . by die naam.

Johannes 10:3

Wanneer ek Hom droewig misverstaan het?

(Johannes 10:17.) Dit is moontlik om alles van die leer te weet en Jesus tog nie te ken nie. Die siel is in gevaar wanneer kennis van die leer verder tree as intieme aanraking met Jesus. Waarom het Maria gehuil? Die leer was vir Maria niks meer as die gras onder haar voete nie. Enige Fariseër kon Maria leerstellig belaglik gemaak het, maar een ding wat hulle nie uit haar kon wegspot nie was die feit dat Jesus sewe demone uit haar gedryf het; tog was Sy seëninge niks in vergelyking met Homself nie. Maria "het Jesus sien staan en nie geweet dat dit Jesus was nie . .;" sodra sy die stem gehoor het, het sy geweet dat sy ’n geskiedenis uit die verlede met die Een gehad het wat gepraat het. "Meester!"

Wanneer ek hardnekkig getwyfel het?

(Johannes 10:27.) Het ek aan iets aangaande Jesus getwyfel — ’n ervaring waarvan ander getuig maar wat ek nie gehad het nie? Die ander dissipels het vir Tomas gesê dat hulle Jesus gesien het, maar Tomas het getwyfel — "As ek nie sien nie . . , sal ek nie glo nie." Tomas het die persoonlike aanraking van Jesus nodig gehad. Wanneer Sy aanrakinge kom, of hoe hulle kom, weet ons nie; maar hulle is onbeskryflik kosbaar wanneer hulle wel kom. "My Here en my God!"

Wanneer ek Hom selfsugtig verloën het?

(Johannes 21:15-17.) Petrus het Jesus Christus met ede en vervloekings verloën, en tog het Jesus ná die Opstanding aan Petrus alleen verskyn. Hy het hom privaat herstel, toe het Hy hom voor die ander herstel. "Here, U weet dat ek U liefhet."

Het ek ’n persoonlike geskiedenis met Jesus Christus? Die een teken van dissipelskap is intieme verbondenheid met Hom, ’n kennis van Jesus Christus wat niks kan skud nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in