GEBED IN DIE VADER SE EER
“Daardie heilige ding wat uit jou gebore sal word sal die Seun van God genoem word.”
Lukas 1:35
As die Seun van God in my sterflike vlees gebore word, kry Sy heilige onskuld en eenvoud en eenheid met die Vader ’n geleentheid om hom in my te openbaar? Wat van die maagd Maria waar was in die historiese binnebring van God se Seun in hierdie aarde is in elke heilige waar. Die Seun van God word deur die regstreekse daad van God in my gebore; dan moet ek as ’n kind van God die reg van ’n kind uitoefen, die reg om altyd van aangesig tot aangesig met my Vader te wees. Sê ek voortdurend verbaas vir my gesonde-verstandslewe — Waarom wil u my hier laat afdraai? Weet u nie dat ek met die dinge van my Vader besig moet wees nie? Wat die omstandighede ook al mag wees, daardie Heilige Onskuldige Ewige Kind moet in aanraking met Sy Vader wees.
Is ek eenvoudig genoeg om my op hierdie wyse met my Here te vereenselwig? Kry Hy Sy wonderbare sin in my? Besef God dat Sy Seun in my gevorm word, of het ek Hom versigtig opsy gesit? O, die rumoer van hierdie dae! Almal roep luid — waarvoor? Dat die Seun van God doodgemaak moet word. Daar is nou net geen plek hier vir die Seun van God nie, geen plek vir stille heilige gemeenskap met die Vader nie.
Bid die Seun van God in my of skryf ek aan Hom voor? Bedien Hy in my soos Hy in die dae van Sy vlees gedoen het? Gaan die Seun van God in my deur Sy lyding vir Sy eie doelstellings? Hoe meer ’n mens van die innerlike lewe van God se rypste heiliges weet, hoe meer sien ’n mens wat God se doel is — "om aan te vul wat aan die verdrukking van Christus ontbreek." Daar is altyd iets wat gedoen moet word in die sin van "aanvul."