GEBED IN DIE VADER SE HUIS
“Het julle nie geweet dat Ek in My Vader se huis moet wees nie?”
Lukas 2:49 (R.V.)
Ons Here se kindwees was nie onvolwasse manwees nie; Ons Here se kindwees is ’n ewige feit. Is ek deur vereenselwiging met my Here en Verlosser ’n heilige onskuldige kind van God? Beskou ek die lewe as om in my Vader se huis te wees? Leef die Seun van God in my in Sy Vader se huis?
Die blywende Werklikheid is God, en Sy orde kom deur die oomblikke. Is ek altyd in aanraking met die Werklikheid, of bid ek slegs wanneer dinge verkeerd geloop het, wanneer daar ’n verstoring in die oomblikke van my lewe is? Ek moet leer om my in heilige gemeenskap met my Here te vereenselwig op wyses wat sommige van ons nog nie begin leer het nie. "Ek moet met die dinge van My Vader besig wees" — leef die oomblikke in My Vader se huis.
Beperk dit tot u individuele omstandighede — is u so met die Here se lewe vereenselwig dat u eenvoudig ’n kind van God is, wat voortdurend met Hom praat en besef dat alle dinge uit Sy hande kom? Leef die Ewige Kind in u in die Vader se huis? Werk die genades van Sy dienende lewe deur u uit in u huis, in u sake, in u huislike kring? Het u gewonder waarom u deurgaan wat u deurgaan? Dit is nie dat u daardeur moet gaan nie, dit is vanweë die verhouding waarin die Seun van God in Sy Vader se voorsienigheid in u bepaalde heiligeskap gekom het. Laat Hom Sy sin kry, bly in volmaakte eenheid met Hom.
Die plaasvervangende lewe van u Here moet u lewenskragtige eenvoudige lewe word; die wyse waarop Hy onder mense gewerk en geleef het moet die wyse wees waarop Hy in u leef.