Daaglikse oordenking

IS EK SO GESËEND?

Salig is . . .

Matteus 5:3-10

Wanneer ons die uitsprake van Jesus die eerste keer lees lyk hulle wonderbaarlik eenvoudig en nie-opskrikwekkend, en hulle sink ongemerk in ons onderbewuste denke in. Byvoorbeeld, lyk die Saligsprekinge bloot na sagte en pragtige voorskrifte vir alle onwêreldse en nuttelose mense, maar van baie min praktiese nut in die harde alledaagse werkswêreld waarin ons leef. Ons ontdek gou, egter, dat die Saligsprekinge die dinamiet van die Heilige Gees bevat. Hulle ontplof, as ’t ware, wanneer die omstandighede van ons lewe hulle daartoe bring. Wanneer die Heilige Gees een van hierdie Saligsprekinge in ons herinnering bring sê ons — 'Wat ’n opskrikwekkende uitspraak is dit!' en ons moet besluit of ons die geweldige geestelike omwenteling sal aanvaar wat in ons omstandighede voortgebring sal word as ons Sy woorde gehoorsaam. Dit is die wyse waarop die Gees van God werk. Ons hoef nie wedergebore te wees om die Bergrede letterlik toe te pas nie. Die letterlike vertolking van die Bergrede is kinderspel; die vertolking deur die Gees van God wanneer Hy Ons Here se uitsprake op ons omstandighede toepas is die harde werk van ’n heilige.

Die leer van Jesus staan geheel buite verhouding tot ons natuurlike manier om na dinge te kyk en dit kom aanvanklik met verbasende ongemak na ons toe. Ons moet ons wandel en omgang stadig vorm volgens die lyn van die voorskrifte van Jesus Christus soos die Heilige Gees hulle op ons omstandighede toepas. Die Bergrede is nie ’n stel reëls en regulasies nie: dit is ’n verklaring van die lewe wat ons sal leef wanneer die Heilige Gees Sy sin met ons kry.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in