Daaglikse oordenking

AARD EN DADE

As julle geregtigheid nie die geregtigheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs oortref nie, sal julle die koninkryk van die hemele sekerlik nie binnegaan nie.

Matteus 5:20

Die kenmerk van ’n dissipel is nie dat hy goeie dinge doen nie, maar dat hy in beweegrede goed is omdat hy deur die bonatuurlike genade van God goed gemaak is. Die enigste ding wat reg-doen oortref is reg-wees. Jesus Christus het gekom om in elke mens wat Hom sou toelaat ’n nuwe erflikheid te plaas wat die geregtigheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs sou oortref. Jesus sê — As Sy dissipel moet u reg wees nie alleen in u lewenswandel nie, maar in u beweegredes, in u drome, in die skuilhoeke van u denke. U moet so rein in u beweegredes wees dat God die Almagtige niks kan sien om af te keur nie. Wie kan in die Ewige Lig van God staan en niks hê wat God kan afkeur nie? Slegs die Seun van God, en Jesus Christus verklaar dat Hy deur Sy Verlossing Sy eie aard in enige mens kan plaas, en hom so onbevlek en so eenvoudig soos ’n kind kan maak. Die reinheid wat God eis is onmoontlik tensy ek van binne herskep kan word, en dit is wat Jesus onderneem het om deur Sy Verlossing te doen.

Geen mens kan homself rein maak deur wette te gehoorsaam nie. Jesus Christus gee ons nie reëls en regulasies nie; Sy leringe is waarhede wat slegs vertolk kan word deur die aard wat Hy in ons plaas. Die groot wonder van Jesus Christus se redding is dat Hy erflikheid verander. Hy verander nie die menslike natuur nie; Hy verander die hoofveer daarvan.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in