Daaglikse oordenking

AFHANKLIK VAN GOD SE TEENWOORDIGHEID

Dié wat op die Here wag . . . sal wandel en nie beswyk nie.

Jesaja 40:31

Daar is geen verrukking in wandel nie; dit is die toets van al die standvastige eienskappe. Om te "wandel en nie te beswyk nie" is die hoogste reikwydte wat vir krag moontlik is. Die woord "wandel" word in die Bybel gebruik om die karakter uit te druk — "Johannes het Jesus aangekyk terwyl Hy gewandel het en gesê, Kyk, die Lam van God!" Daar is nooit enigiets abstraks in die Bybel nie, dit is altyd aanskoulik en werklik. God sê nie — Wees geestelik nie, maar — "Wandel voor My."

Wanneer ons liggaamlik of emosioneel in ’n ongesonde toestand is, wil ons altyd verrukkings hê. Op liggaamlike gebied sal dit lei tot die nabootsing van die Heilige Gees; in die gevoelslewe lei dit tot onmatige toegeneentheid en die vernietiging van moraliteit; en op geestelike gebied as ons daarop aandring om verrukkings te kry, om met vlerke op te styg, sal dit eindig in die vernietiging van geestelikheid.

Die werklikheid van God se teenwoordigheid is nie van enige plek afhanklik nie, maar slegs van die vasbeslotenheid om die Here altyd voor ons te stel. Ons probleme kom wanneer ons weier om op die werklikheid van Sy teenwoordigheid te bank. Die ervaring waarvan die Psalmdigter praat — "Daarom sal ons nie vrees nie, al . . ." sal ons s’n wees wanneer ons eenmaal op die Werklikheid gegrond is, nie die bewussyn van God se teenwoordigheid nie maar die werklikheid daarvan — Maar, Hy was die hele tyd hier!

Op kritieke oomblikke is dit nodig om leiding te vra, maar dit behoort onnodig te wees om altyd te sê — "O Here, lei my hier, en daar." Natuurlik sal Hy! As ons gesonde verstand besluite nie Sy orde is nie, sal Hy deur hulle heen dring en stuit; dan moet ons stil wees en wag op die rigting van Sy teenwoordigheid.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in